English

Welkom by

at willems

Baie welkom. Willem's Rus is 'n privaat bosveld kampterrein geleë in die malaria-vrye Dinokeng Groot 5 Wild Reservaat en is ideaal geleë vir 'n wegbreek van die besige stadslewe. Willem's Rus is 'n buitelug ervaring in pragtige inheemse bosveld wat jou sal help om te ontspan en te herlaai.

Dinokeng is die enigste Groot 5 Wild Reservaat in Gauteng met vrylopende diere en is net 45 minute se ry vanaf Pretoria.
Kom ontspan en spandeer kwaliteit-tyd saam met vriende en familie om 'n kampvuur onder die sterre. Om by Willem's Rus te kamp is uniek in die sin dat dit moontlik is om die Groot 5 van jou eie staanplek te sien, en dit net sowat 50km Noord van Pretoria.

NOTA: Geen kragopwekkers, radio's, televisiestelle en troeteldiere word toegelaat op die terrein nie. Ons kliënte word vreedsaamheid gewaarborg en ons is daartoe verbind as eerste prioriteit.

Kampplekke en Fasiliteite

Ons Kaart

Top