English

Staanplekke by

at willems

Hierdie rustige bosveld-bestemming het 25 afgebakende staanplekke wat gedeeltelike skaduwee bied. Die staanplekke is geskik vir karavane, tente, bos-sleepwaens en daktente. Elektrisiteit, water, asblikke en braaiers word by elke ruim staanplek voorsien. Ablusie-fasiliteite van hoogstaande standaard is sentraal geleë en word gereeld gedurende die dag gediens.

Staanplek No 1

Staanplekke 1 en 2 is geleë in die Suid-Oostelike hoek van die kampterrein en is apart van die ander staanplekke. Hierdie twee, tesame met staanplek 3, het uitsluitlike gebruik van die buite stort, aparte toilet en opwas fasiliteite. As gevolg van hulle ligging is die drie staanplekke ideaal om saam met vriende en familie as 'n groep te bespreek.

Staanplek No 2

Staanplek No 3

Hierdie staanplek is pragtig geleë met sy eie braai put in 'n boma van inheemse bome. As staanplekke 1,2 en 3 nie saam bespreek word nie het staanplek 3 uitsluitlike gebruik van die boma.

Staanplek No 4

Hierdie ruim staanplek is geleë onder 'n groot Wildesering en het uitsonderlike mooi uitsigte oor die bosveld.

Staanplek No 5

Hierdie staanplek kyk uit oor die watergat aan die Ooste kant van die kampterrein. Daar is 'n groot kans om Olifante, koedoes en kameelperde te sien drink terwyl jy langs 'n braai vuur sit. Staanplek 5/6 is ook relatief naby 'n ablusieblok geleë.

Staanplek No 6

Staanplek No 7

Persoonlik een van ons gunsteling te danke aan sy priviaatheid en pragtige uitsigte. 'n Staanplek wat jou daardie ware bosveld gevoel gee. Redelik naby aan 'n ablusieblok geleë.

Staanplek No 8

Hierdie staanplek is geleë aan die Noorde kant van die kampterrein en het pragtige uitsigte oor die tweede watergat. Tydens die bou van Willem's Rus is 'n luiperd 'n blote 3m van hierdie staanplek af gesien.

Staanplek No 9

Hierdie staanplek het mooi oop ruimtes en grasperke aan sy Westelike kant en is ideaal vir kampeerders met kinders wat ruimte nodig het om rond te hardloop en te speel. Relatief naby die swembad en 'n ablusieblok.

Staanplek No 10

Staanplek No 11

Staanplek No 12

Hierdie staanplek is geleë aan die Noorde kant van die kampterrein en het pragtige uitsigte oor die tweede watergat. Tydens die bou van Willem's Rus is 'n luiperd 'n blote 3m van hierdie staanplek af gesien.

Staanplek No 13

Staanplek No 14

Hierdie staanplek bied goeie skaduwee en het die Noordelike uitsig oor die watergat. Staanplek 14 en 15 is geskik vir groter karavane. Staanplek 16 is beter geskik vir 4x4 sleepwaens, daktente of tente.

Staanplek No 15

Staanplek No 16

Staanplek No 17

Hierdie staanplek is gesik vir tente, 4x4 sleepwaens en kleiner karavane en is naby 'n ablusieblok geleë en het baie mooi Noordelike uitsig.

Staanplek No 18

Hierdie staanplek is weggesteek in die Noordwestelike hoek van Willem's Rus. Staanplek 18 en 19 is ideaal vir groepe wat saam kamp en is redelik afgesonder en privaat. Hierdie staanplek is ook toegerus om tussen 1 en 3 karavane te huisves. Lekker naby aan die ablusieblok maar geskei deur inheemse bome.

Staanplek No 19

Hierdie staanplek is weggesteek in die Noordwestelike hoek van Willem's Rus. Staanplek 18 en 19 is ideaal vir groepe wat saam kamp en is redelik afgesonder en privaat. Lekker naby aan die ablusieblok maar geskei deur inheemse bome.

Staanplek No 20

Hierdie ruim staanplek het 'n pragtige inheemse bos aan sy Westekant. Geskik vir gesinne met kinders wat ruimte nodig het. Naby 'n ablusieblok geleë.

Staanplek No 21

Hierdie ruim staanplek het 'n pragtige inheemse bos aan sy Westekant. Geskik vir gesinne met kinders wat ruimte nodig het. Naby 'n ablusieblok geleë.

Staanplek No 22

Hierdie staanplek is effens apart van die ander en het 'n pragtige Suide uitsig waar kameelperde, sebras, wildebeeste en rooibokke dikwels gesien word.

Staanplek No 23

Geleë tussen groot bome en relatief naby aan die ablusie blok. Pragtige boomryke agtergrond aan sy Oostelike kant.

Staanplek No 24

Hierdie staanplek het uitsluitlike gebruik van 'n boma wat in 'n inheemse bos geleë is. Die staanplek het baie skaduwee. Gesog onder voëlkykers omdat dit naby 'n klein dammetje geleë is. Dit is 'n groot staanplek wat geskik is vir twee gesinne en het 'n mooi groot grasperk. Relatief naby aan die swembad.

Staanplek No 25

Staanplek 25 het baie lekker skaduwee met 'n pragtige bos aan sy Noord-westlike kant. Alhoewel dit nie op die grensdraad geleë is nie het die staanplek uitsigte op die Noordelike watergat en het 'n baie spesiale gevoel.

Top