English

Welkom by

at willems

Baie welkom. Willem's Rus is 'n privaat bosveld kampterrein geleë in die malaria-vrye Dinokeng Groot 5 Wild Reservaat en is ideaal geleë vir 'n wegbreek van die besige stadslewe. Willem's Rus is 'n buitelug ervaring in pragtige inheemse bosveld wat jou sal help om te ontspan en te herlaai.

Dinokeng is die enigste Groot 5 Wild Reservaat in Gauteng met vrylopende diere en is net 45 minute se ry vanaf Pretoria.
Kom ontspan en spandeer kwaliteit-tyd saam met vriende en familie om 'n kampvuur onder die sterre. Om by Willem's Rus te kamp is uniek in die sin dat dit moontlik is om die Groot 5 van jou eie staanplek te sien, en dit net sowat 50km Noord van Pretoria.
NOTA: Geen kragopwekkers, radio's en televisiestelle word op die terrein toegelaat nie. Ons kliënte word vreedsaamheid gewaarborg en ons is daartoe verbind as eerste prioriteit.

Ons as nuwe eienaars (sedert Oktober 2020) van Willem's Rus is tans besig met aanbouings en verbeterings. Die ontvangs-area word vergroot, die kiosk word opgradeer en ons planne sluit selfs 'n nuwe koffie-stoep in. Ons het einde 2020 reeds die swembad ten volle oorgedoen en n 'n veiligheidsheining om die swembad opgerig vir ons kampeerders se gemoedsrus. Wees asseblief geduldig met enige ongerief wat as gevolg hiervan ervaar mag word. Ons probeer ons bes om die hele proses so spoedig en gerieflik moontlik af te handel. Die eindproduk beloof om nog beter te wees as die reeds uitstaande kwaliteit van Willem's Rus se geriewe.

Kampplekke en Fasiliteite

Ons Kaart

Top